» Show All «Prev 1 2 » Slide Show
VERANDERING VAN DIE VAN RABE NA RABIE
The history behind the change in the name of Rabe to Rabie
VERANDERING VAN DIE VAN RABE NA RABIE
Die vroegste verwysing na hierdie verandering word gemaak in die “Third
Article, the History of the Nuy” wat ‘n versameling artikels uit die Worcester
Standard was. “Hans Rabé and his wife settled on the banks of the Nuy in
1778-1779, and suffered much. It was on the suggestion of this lady who was for
those days a lady of great literary attainments, that the name of the family
Rabe who came from Leipzig was changed to Rabie. This was formally done with
the assistance of their minister at Tulbagh (ds J. Kuys 1787 – 1794), to the
satisfaction of those relatives who had trekked down country” (sic).
Die “lady” wat hierbo na verwys word is Susanna Catharina Cloete
(*8-01-1758 †detail?) en die “relatives” is haar man Hans Rabe (*9-03-1755 †
1820) (X 25-04-1779) sy broer Jan Bastiaan (*3-5-1763 † 24-08-1835) wat na
Graaff Reinet getrek het. Sy neef Jan Bastiaan (*7-10-1762 † detail?) wat na
Swellendam getrek het en die van Rabe behou het.
Die eerste defnitiewe datum van die van verandering is opgeteken in die
huweliksregister NG Kerk Tulbagh toe Jan
Bastiaan Rabie, van Graaff Reinet, op 11-4-1790 met Hendrina Helena van der
Merwe op Tulbagh getroud is en hy sy van as Rabie aangeteken het.
Hul oudste seun, Chrtistiaan Jacobus Rabie (*10-10-1792 †22-11-1867), is
die eerste baba wat op 25-11-1792 met die van Rabie gedoop is. By hierdie doop,
in Graaff Reinet, was vier getuies. Jacobus van den Berg, Maria Susanna van der
Merwe, Geertruy Grobbelaar (sy moeder), en sy suster Geertruy wat haar naam as
Rabie geteken het.
Hans se seun, Johannes Christiaan (*26-6-1785 †1823), is as Rabé gedoop
maar met sy huwelik met Alida Margaretha Moller, op 5-2-1809, het hy die van
Rabie gebruik.
Die vroegste amptelike datum is dus 11 April 1790 hoewel die van Rabie
moontlik reeds vanaf 1785 gebruik kon gewees het.
» Show All «Prev 1 2 » Slide Show