Notes


Matches 501 to 550 of 1,695

      «Prev «1 ... 7 8 9 10 11 12 13 14 15 ... 34» Next»

 #   Notes   Linked to 
501 Departementshoof by Old Mutual.  
502 Die egpaar emigreer na Australië.  
503 Die egpaar het gewoon op die plaas 'Rommel' in die Lindley distrik.  
504 Die egpaar het ook 'n aangenome seun Johan Martins SCHULTZ  
505 Die egpaar was kinderloos.  
506 Die landdros skryf aan die weesheer op 18-7-1876 dat die nagelate eggenoot iemand is wat "naauwelijks voor zich zelven zorgen kan" en dat hy hom "noch als executeur noch als voogd kan aanbevelen".  
507 Die oorgrote meerderheid van sy nakomelinge spel hul van GROBBELAAR en nie GROBLER nie.  
508 Die vermoede bestaan dat sy Jacomina Carolina Frederika geheet het. Haar volle name en datums onbekend aan die familie.  
509 Die volgende inligting uit Polisie Register (KAB SAP 1/1/2 nr 5525)
Lengte: 5'8", donkerbruin oë en hare. Kerkverband: Duits Gereformeerd. Boete van £3 ontvang vir aksies teen goeie opdragte en disipline. In Grahamstad: Ongehoorsaam bevele en vloek 'n "native woman". Sy eggenote en kinders se name ook in die register opgeteken.
Met dood 'n polisiebeampte woonagtig Hammiltonlaan 23, Craighall Park. Vier kinders genoem. 
 
510 Die volgende navorsing deur Mariana Olivier:
Doopgetuies: Pieter Swart en Grietje Claasen.
Sy is Neeltjie in haar moeder se testament en reeds oorlede. Haar kinders word in haar moeder se boedel genoem. 
 
511 Die volgende navorsing deur Mariana Olivier:
In die Viljoen Familieregister, sowel as in die Rabie Familieregister, word sy aangedui as Helena DE WET. Dit is foutief. 
 
512 Die volgende navorsing van Mariana Olivier:
Hy is nie Pieter Hermanus Gerhardus, soos wat in die Rabie en Viljoen Registers aangedui word nie. Op sy moeder se sterfkennis, is sy name Pieter Hendrik. Volgens die doopregister is sy geboortedatum ook nie 6 Junie 1862 nie.
Landbou arbeider van Zandvliet, Robertson distrik. 
 
513 Die volgende uit die De Wet stamregister:-
Hy was die jonger broer van Genl. Christiaan Rudolf. Was sy pa behulpsaam gewees met die boerdery. Saam met sy broer Christiaan gaan hulle na die Transvaal in 1879 waar hy betrokke raak in die Eerste Vryheidsstryd (1880/1). Hy was deel van die boere kommando wat Majuba bestorm en verower het. In die oorlog teen Mapoch was hy vir sewe maande op kommando. In dieselfde jaar as sy huwelik trek hy terug na die O.V.S. en boer te Lindley.
Hy word in 1893 tot die Vrystaatse Volksraad verkies en verteenwoordig die kiesafdeling Midden-Liebenbergsvlei tot 1897. Pieter was goed bevriend met Pres. Paul Kruger en vernoem 'n seun na hom. Net voor die uitbreek van die Anglo-Boere Oorlog word hy tot Veldkornet van Lindley gekies. Met die uitbreek van vyandelikhede gaan hy as leier van 700 burgers van Lindley na die Natal grens. Hy neem deel aan Die Slag van Nicholson's Nek saam met sy broer Christiaan.
Genl. ER Grobler van die O.V.S. word gedurende Desember 1899 siek en Pres. Steyn stel in sy plek Pieter Daniel (PD) as Hoofkommandant met die titel Generaal van die OVS Kommando's suid van die Oranjerivier, aan.
Hy verower Vaalkop naby Arundel op 16.12.1899 en neem heelwat gevangenes. PD neem saam met sy broer aan die veldslae te Abrahamskraal, Sannaspos, Dewetsdorp en Tabaksberg deel waar hulle probeer om die Engelse se opmars te stuit, na Genl. P.A Cronje se oorgawe te Paardeb rg op 27.2.1900.
Sy grootste oorwinning was egter oor die Imperial Yeomanry Garnisoen te Lindley op 31.5.1900. Hy neem o.a. gevange: Die Graaf van Longford, Burggraaf Ennismore, Die Graaf van Leitrim, die toekomstige Lord Craigavon en Luit-Kolonel Basil Spragge, en gewone mans kappe en offisiere, 'n totaal van 530 man. Daar was 80 dood of gewond o.a. 'n whiskey Baronet (Sir John Power). Voor bogenoemde veldslae het PD reeds voelers na die Engelse uitgesteek vir 'n moontlike onttrekking uit die oorlog (18.5.1900). Die Generaals wat hy mee in aanraking gekom het kon nie uitsluitsel t.o.v. die voorwaardes van oorgawe gee nie, en dit het op niks uitgeloop nie. Na die verkiesing van sy broer, Christiaan, tot Hoofkommandant vroeg in Julie 1900, het hy tot die slotsom gekom dat dit tydmors sal wees om met die stryd voort tegaan. Hy sê dit dan aan Christiaan op 20 Julie 1900. Lg was baie ontsteld hieroor. PD was egter vasbeslote en gee hom kort daarna oor aan Lord Matheun.
Die volgende buiten sy oortuiging dat die oorlog nie sinvol teen die Britse oormag voorgesit kan word nie, kon invloed op sy besluit uitgeoefen het.
1) President Kruger wou te midde van algemene gevoel van neerslagtigheid na al die
teenslae ``onderprotes'', die wapens neerlê. (Alleen President Steyn en Genl. C R
de Wet se standvastigheid het hom weerhou om dit te doen.) Hierdie algemene
pessimisme het hom ook beetgekry.
2) PD was wrewelrig oor sy nederlaag by die verkiesing van sy broer as
Hoofkommandant.
3) Genl. Marthinus Prinsloo se oorgawe met 3000 man het 'n verderedemoraliserende
uitwerking op hom gehad.
4) Hy het probleme gehad met gelde aan hom verskuldig vir perde wat hy aan die
boeremagte verkoop het.
5) Sy eggenote het 'n kind verwag, en dit kon 'n invloed op sy besluit gehad het. Die
kind Ester Jacoba Aletta is gebore op 6.2.1901 en in Kroonstad gedoop. Na sy
oorgawe word hy op parool na Durban gestuur. In Desember 1900 was hy voorsitter
van die``Burgher Peace Committee'', wat die boere probeer oorreed het om die
stryd te staak. Hulle was van mening dat die hopeloosheid van die stryd nie tot die
volk deurgedring het nie, en dat die leiers dit van hulle wegsteek. Toe die pogings
onsuksesvol blyk te wees, word Die Orange River Colony Volunteers in Sept 1901
onder PD se bevel gestig.

Hierdie korps is gestig om die Engelse te help met verkenningswerk en was nie in enige veldslae betrokke nie. Genl. Christiaan meld twee keer in sy boek dat hy bewus was van PD se teenwoordigheid by die Engelse, nl.
1) Op 5 Junie 1901 waar PD twee Engelse laers aan die Wilgerivier by Steil en Duminydrif onder Gnl. Elliot begelei het, en
2) Die periode 9 tot 18 Desember 1901 toe hy die Engelse Kolonnes wat tussen Lindley en Reitz opereer, vergesel het.
Hierdie Korps het op 27.4.1902 net uit 385 lede bestaan. Die tydstip was die vredesonderhandelinge in 'n gevorderde stadium, en is kort daarna ontbind.
Na die vredesluiting op 31.5.1902 was PD sporadies in die kollig, maar weens sy misstap was hy 'n uitgeworpene en het min aan die openbare lewe deelgeneem. Hy versoen in 1905 met sy broer CR by 'n kongres deur albei bygewoon.
Met die 1914 rebellie kom daar weer 'n verwydering tussen hulle, a.g.v. teenoorgestelde standpunte, maar hy was teenwoordig by broer CR se begrafnis in 1922. 
 
514 Dienste Bestuurder  
515 Diesel Passer  
516 Diplomatieke verteenwoordiger, Salisbury  
517 Direkteur Cresswold in Johannesburg.  
518 Direkteur Gemeenskapsdienste, Wesrand.  
519 Direkteur van Maatskappye  
520 Direkteur van Maatskappye.  
521 Direkteur van Maatskappye.  
522 Direkteur van Maatskappye.  
523 Direkteur van maatskappye.  
524 Direkteur.  
525 Direkteur.  
526 Direkteur.  
527 Dirk Cornelis-dg.  
528 Dirk is oorlede in die ouderdom van 23 jaar  
529 Dirk was 'n wynboer op Brakvlei in die Nuy distrik. Lid van die Kaapse Parlement vanaf 1898 tot 1910.  
530 Distribution Manager  
531 Distribution Manager  
532 dogter van Frederik Jacobus Rabe en Cornelia Zacharia Rabe  
533 doopbesonderhede in die NHK Pretoria opgeskryf. 19jr en vanRietfontein, Middelburg Tvl toe s y met Marthinus RABE trou>PN:AletSwanepoel, PN:AJ Swanepoel  
534 doopbesonderhede in die NHK Pretoria opgeskryf>AMS, PN:AJ Swanepoel  
535 Doopgetuies teenwoordig met sy doop: J.B. Wolmarans, S.J. Cronje.
Hendrik was 'n 31 jarige jongman en verbonde aan die SA Polisie, woonagtig Pretoriusstraat 752, Pretoria ten tye van sy huwelik met Cornelia SMITH. Getuies teenwoordig met hul huwelik: J.C. Smith en E.C. Coxell, wat voor die Magistraat William Alfred Rowan plaasgevind het.
Hennie/Henka was al die jare verbonde aan die SA Gevangenisdiens. In 1947 tree hy op 55 jarige ouderdom uit diens met die amp van Adjunk Direkteur Generaal.
Ten tye van sy dood, was die egpaar woonagtig Jubileumgebou 209, Schoemanstraat, Pretoria. Twee seuns genoem. Sy seun J.C. Senekal teken sy sterfkennis op 26.6.1979 in Pretoria.
Hennie word vanuit die NG Kerk, Visagiestraat, Burgerspark deur Ds. S.C. Combrinck begrawe. Ses Adjudant Offisiere van die Dept. Gevangeniswese tree as draers op by die kerk. By sy graf tree die volgende persone op as draers: Hendrik Senekal (seun), Jan Senekal (seun), Johan Senekal (kleinseun), Koos, Robbie en Willie Senekal (broers) en Japie Boshoff (swaer). 
 
536 Doopgetuies: Johannes Mattheus du Plooy, Susanna Carolina Hattingh, Adriaan van Wyk, Catharina Gouws.  
537 Doopgetuies: Albertus Johannes Viljoen, Aletta Hendrina Matthys, Johannes Joachim Viljoen, Catharina Appelgryn.
Albertus was 'n boer van Philipstown ten tye van sy huwelik met Louisa VAN DEN BERG.
Die egpaar het vermoedelik hul kleinseun Benjamin Johannes Swanepoel (wat hul dogter Jacoba Christina se buite egtelike kind was) grootgemaak, of aangeneem. 
 
538 Doopgetuies: Andrew McDonald, Maria A McDonald, Coenraad A Groenewald, Maria AC Groenewald, Petrus Johannes Groenewald, Sara Groenewald, Hermanus JC Groenewald, H. Groenwald.
Volgens haar sterfkennis, is haar ouers Johannes GROENEWALD en Elizabeth NN. 
 
539 Doopgetuies: Andrew William McDonald, Mary Ann Walters.
Johannes was 'n verwer (skilder) van Tygerbergweg 44, Elsies Rivier toe hy oorlede is. Sewe kinders genoem. 
 
540 Doopgetuies: Barend J Groenewald, Cornelia M Groenewald, Christina L de Villiers, Hermanus C Groenewald, Elizabeth J Groenewald.
Hy was 'n 23jr graanboer van Caledon ten tye van sy huwelik met Susanna DU TOIT. Spoorweg pensioenaris van De Wetstraat 52, Worcester toe hy oorlede is. Agt kinders genoem. Sy oudste seun BC Groenewald teken sy sterfkennis 24.7.1976 op Worcester.

~Boedel: R4,905-22 
 
541 Doopgetuies: Hans Jacob Roux en Margaretha Johanna Roux.
Johannes was 'n 21jr spoorwegwerker van Laingsburg ten tye van sy huwelik met Susanna KNIGHT. Trou na haar dood met Neltje RABE.
In 1983 van Adderleystraat 182, Oudshoorn, waar hy steeds woonagtig was toe hy oorlede is. Twee seuns en twee kleinkinders genoem.

~Boedel: R9,162-74 
 
542 Doopgetuies: Hendrik Christoffel Groenewald, Maria McDonald, Louis Havenga, Judith Havenga. Elizabeth was 23jr en van Kaapstad afkomstig toe sy met Johannes VAN WEZEL getroud is.  
543 Doopgetuies: Jacobus Albertus van Zyl, Jacomina Elizabeth Conradie, Antonie Eduard Swanepoel (Snr), Theresia Francina de Bod.
Antonie was 'n skilder (verwer) van Heidelberg KP toe hy oorlede is. Drie kinders genoem. 
 
544 Doopgetuies: Jacobus D. Swanepoel, Maryna J. Marais.
Sarel was 'n 23jr boer van Robertson ten tye van sy huwelik met Elsje VAN EEDEN.
Met die dood van hul seun Sarel in 1944, woonagtig op "Versorgd", Vanrynsdorp. Na die dood van Elsje, trou hy met Frances RABE. Pensioenaris van Herfsvreugde, Bonnievale ten tye van sy dood. Een dogter genoem.

~Boedel: R8,005-08 
 
545 Doopgetuies: Johan Andries Groenewald, Johanna Susanna van Schoor.
Johan was 'n 24jr ambagsman van Porterville ten tye van sy huwelik met Leonora DU TOIT.
Met die dood van sy suster Anna in 1952, woon die egpaar te Dorpstraat, Paarl. 
 
546 Doopgetuies: Joshua Pieter Matthys van den Berg, Helena Elizabeth Oberholzer.
Woon Van Graanstraat 37, Bloemfontein met dood. Twee seuns genoem. 
 
547 Doopgetuies: Jozua Pieter Matthys vd Berg, Helena Elizabeth Oberholzer.  
548 doopgetuies: Paul F. Swanepoel en Martha Swanepoel. 21jr van Robertsonmet huwelik>PN:Alet Sw anepoel, s/k pa, RA 4/82 1457  
549 Dorothea is die tweelingsuster van Margaretha Johanna. Met haar doop word haar vader se van "Kommering" in die doopregister aangeteken.
Ten tye van haar dood, woonagtig op Rooipoort in die Pretoria distrik. Volgens haar sterfkennis, het sy kinderloos gesterf. Haar eggenoot teken haar sterfkennis 25.9.1906 in Pretoria. Op haar sterfkennis, word haar name slegs as Dorothea Magdalena aangeteken. 
 
550 Dosent in Regte aan Universiteit van Bloemfontein.  

      «Prev «1 ... 7 8 9 10 11 12 13 14 15 ... 34» Next»