Notes


Matches 651 to 700 of 1,695

      «Prev «1 ... 10 11 12 13 14 15 16 17 18 ... 34» Next»

 #   Notes   Linked to 
651 Haar van word RABE op Sarel SWANEPOEL, en op haar eie sterfkennis gespel. Pensioenaris van Herfsvreugde, Van Zylstraat, Bonnievale ten tye van haar dood. Sy sterf kinderloos. Haar susterskinders word genoem, wat ook haar ergename is:
1. Aletta Johanna MOELICH x Gideon MALHERBE
2. Hester Jacoba Magdalena MOELICH (ongetroud)

~Boedel: R14,549-96 
 
652 Haar volle name is vermoedelik Maria Elizabeth Carolina.  
653 Haarsnyer, Springs.  
654 Hamerdrywer te Uitenhage.  
655 Handelaar te Overhex.  
656 Handelaar, Barrydale.  
657 Handelaar.  
658 Handelaar.  
659 Handelskommissaris te Nairobi en Duitsland.  
660 Handelsreisiger, Bloemfontein  
661 Hans het op Worcester skoolgegaan en 'n landboukursus op Stellenbosch gevolg. Hy het eers op die plaas "Memel" geboer en sedert 1956 op die plaas "Nuwerus". Hy het sy plek volgestaan in die boeregemeenskap van Worcester en was voorsitter van veskillende instansies, soos, die Worcesterse Landbougenootskap, die Overhex Boerevereniging, die Verenigde Breërivier-vereniging en die Overhex Besproeiingsraad. Hy het ook baie belang gestel in die onderwys en dit help bevorder as lid van die Adviesraad van die Hoër Tegniese Skool Drostdy, die Skoolkomitee van die Hoër Handelskool en die Skoolraad van Worcester. Hy was ook lank voorsitter van die Overhex Debatsvereniging. In 1970 is hy gekies as LPR vir Worcester vir die Nasionale Party. Op Worcester is Rabielaan na hom vernoem en Heynsstraat na sy eerste vrou Maudie Heyns.

In 1973 het hy op die bestuur van die Rabie-Saamtrek by Goudini Spa gedien en in September 2004 was hy Voorsitter van die Komitee wat die Rabie/Rabe Familiefees by Goudin Spa gereël het. Na die afloop van 'n baie suksesvolle Fees het hy die teuels oorgegee aan die jonger garde vir 'n welverdiende rustyd. Die Familie het so 'n groot agting vir hom, dat daar eenparig deur die uitvoerende komitee besluit is, om hom op 28 Mei 2005 as lewenslange Ere Voorsitter van die Rabie/Rabe Familiebond Komitee te huldig

Die volgende berig het op 15 desember 2005 in die Burger verskyn:

HANS RABIE VIR BYDRAE VEREER

Mnr. Hans Rabie is amptelik die plaaslike museum se beste vriend. Hy is voorverlede week deur die Wes-Kaapse departement vir kultuursake en sport vereer as die Museumvriend van die Jaar. Hierdie uitsonderlike toekenning is op
23 November 2005 aan hom oorhandig. Mnr. Rabie is deur die Worcester Museum genomineer vir hierdie toekenning
"want hy is 'n vriend duisend". "Hy dien en bedien die Plaasmuseum alreeds vir die afgelope 25 jaar," sê mnr. Vyfer van Aardt, waarnemende museumbestuurder. "Sy milde bydraes plaasprodukte help ons om die winkelrakke vol te hou.
"Geen probleem of opoffering is te groot nie," sê Van Aardt. "Met sy innemende geaardheid maak hy vriende vir die museum, alkant van die berg. Oom Hans is al 'n vaste deel van Worcester se Plaasmuseum en die museum sê vir hom dankie. "Baie geluk oom Hans!" 
 
662 Hans Jacobus op sy moeder se sterfkennis, maar Johannes Jacobus volgens sy doopseël en vader se sterfkennis.  
663 Hans Rabe het eers in die Tulbagh-kom op die plaas van Jacobus Hugo geboer. Hy was egter nie lank in die land van Waveren nie of die "Wanderlust" het hom gepak. Hy het berig ontvang dat die Rabies wat hulle in de Kamdeboo naby Graaff-Reinet gevestig het, vooruit boer en besluit om ook na die Onderveld te trek soos van sy famllie en vriende reeds gedoen het. Voordat Hans getrek het, het hy op 25 April 1779 met Susanna Catharina Cloete getrou. sy was 'n goed opgevoede jong vrou met 'n sterk godsdienssin. Van haar gesinslede het ook reeds na die binneland verhuis en hulle in die distrik Aliwal-Noord gaan vestig. Voordat Hans en sy vrou die lang pad na die Onderveld aangepak het, het hy eers vir 'n groot vriend van hom, Klopper van die plaas "Klopperbosch" gaan kuier, met die eintlike doel om van hom afskeid te neem. Dit is met hierdie besoek wat sy lewe radikaal verander en die verhaal van die Rabies van Nuy begin het. Klopper het twee plase gehad wat op die destydse grens van die landdrosdistrikte Tulbagh en Swellendam gelëe was, naamlik die bergplaas "Klopperbosch", 'n goedbewerkte en ontwikkelde plaas, en 'n plaas laer af in die vallei, maar nog onbewerk. Hans het die onbewerkte, laagliggende plaas gekoop, waar wilde diere soos wolwe, elande, wildebeeste en volstruise nog volop was. In plaas daarvan dat Hans na die Onderveld getrek het, is Klopper en drie van sy seuns daarheen. Sy twee ander seuns het op "Klopperbosch" agtergebly. Later het Klopper teruggekeer na "Klopperbosch" en daar sy laaste dae rustig deurgebring. Soos baie pioniers moes Hans gedurende die eerste jare groot ontberings verduur. Die grond was so dig begroei met bome en bosse dat landbou onmoontlik was en wanneer sy vee nie die prooi van tiers, wolwe en ander ongediertes was nie, het die Boesmans en Hottentotte dit geroof. Selfs vandag nog kan Boesmantekeninge in die grotte van die berge op die plaas "Leipzig" by Nuy gesien word. Hierdie en ander terugslae het 'n hoogtepunt bereik met 'n geweldige droogte wat terselfdertyd ook 'n seën was. Die moerasagtige deel van die vlei het opgedroog en met behulp van veldbrande is van die digte plantbedekking ontslae geraak en die grond vir die ploeg blootgelê. Die volgende jaar 1822, was die rëenval buitengewoon goed. 'n Lemoenboord is aangelê en later ook wingerdstokke aangeplant. Die woonhuis op die huidige plaas, "Glen Oak", met die Rabie-wapen teen die gewel, is waarskynlik deur Hans Rabie gebou. Hy het later ook die plaas "Middelburg" en "Wilgerivier", met die plaashuis "Oude Schuur", gekoop.

Die naamsverandering van Rabe na Rabie word soos volg beskryf deur Pieter Jacobus Rabie in sy artikels, The History of the Nuy.

Simultaneously with the arrival of the great ancestor of Hans Rabe, on these shores, another citizen of the same name Rabe, with his family, arrived from Copenhagen. Descendants of the latter settled mostly in the Zwartland, Bokkeveld and Swellendam districts. The Christian names of these families correspond very much. You had the names Johannes, Bastiaan, Christiaan an Jan in both. It thus happened that under these circumstances, letters and communications, which must have been very precious in those days, went astray, causing grave disappointment.
Hans Rabe and his wife settled on the banks if the Nuy in 1778 - 1779, and suffered much.It was on the suggestion of this lady who was for those days of great literary attainment, that the name of the family who came from Leipzig was changed to Rabie. This was formally done with the assistance of their minister in Tulbagh, to the satisfaction of those relatives who had already trekked down country. 
 
664 Helena is op 21 November 1901 in die Konsentrasiekamp Bethulie, Tent 763, oorlede aan tifus. Hulle het gewoon op Olivenkloof, Fauresmith. Haar moeder, boetie, en sussie is ook in die kamp oorlede.  
665 Hendrik is gebore VAN TONDER, maar word na RABIE verander.  
666 Hendrik is op see as Krygsgevangene aan boord van die S.S. Straffordshire oorlede op 12 September 1902. Hy het aan Titus gesterf.

27. KG no 24133: Rabie, Hendrik Jacobus 21 jaar oud Adres: Groenkloof, Fauresmith
Kommando: Fauresmith
Gevang: Kooipaal, 28 September 1901
KG kamp: Hawkinseiland, Bermuda
Skip: Harlech Castle 
 
667 Hermanus-dg.  
668 Hester is 1902 oorlede in die Konsentrasiekamp Hospitaal, Bloemfontein, aan Mitrale Klepdisfunksie.  
669 Hester sterf aan huis van S.G. Rabie.  
670 Hester was 18jr en van Goudini afkomstig toe sy met Johannes GROENEWALD getroud is.
Volgens haar grafsteen, is haar geboortejaar 1892. 
 
671 Hester was die skrywer van 'Daar ver oor die see' en 'Andermaal ver oor die see', waarin melding gemaak word van die ou Rabiegeslagte.  
672 Hester was die weduwee RABIE in 1954.  
673 Het deelgeneem aan die Groot Trek  
674 Het geboer op" Nonna" die Familieplaas in die Worcester distrik. Op "Nonna" begrawe  
675 Het op Oos-Londen en Umtata gewoon.  
676 Het op Wakkerstroom gewoon.  
677 Hoedemaker.  
678 Hoteleienaar naby Cookhouse.  
679 Housewife  
680 Housewife  
681 Huisagent  
682 Huisagent. Henrich is by die Rabiefees in September 1973 tydens die Kerkdiens gedoop. 31 Jaar later op 26 September 2004, by die Rabiefees in Goudini Spa, is sy twee seuns Triston en Kevin tydens die Kerkdiens gedoop. Heinrich woon tans in Angola waar hy in die hout bedryf betrokke is.  
683 Huishoudkunde onderwyseres.  
684 Huisvrou  
685 Huisvrou  
686 Huisvrou  
687 Huisvrou  
688 Huisvrou  
689 Huisvrou  
690 Huisvrou  
691 Huisvrou  
692 Huisvrou  
693 Huisvrou  
694 Huisvrou  
695 Huisvrou  
696 Huisvrou  
697 Huisvrou Afgetree in 2002  
698 Huisvrou van Aberdeen ten tye van haar dood. Vyf kinders genoem. Haar boedel het slegs erfgeld van haar vader se boedel bevat. Geen testament beskikbaar nie.  
699 Huisvrou van Olivenhoutskloof, Boshof toe sy oorlede is. Ses minderjarige kinders genoem. Haar geboortedatum bereken volgens haar ouderdom met dood.  
700 Hulle boer op 'Sterling', Greytown, Natal.  

      «Prev «1 ... 10 11 12 13 14 15 16 17 18 ... 34» Next»