Matches 801 to 850 of 1,695
| # | Notes | Linked to |
|---|---|---|
| 801 | Invorderingstikster | |
| 802 | Isaai-dg. | |
| 803 | Isak het sy grond gegee vir 'n dorp en so het Luckhoff ontstaan. | |
| 804 | IT bestuurder | |
| 805 | IT Verteenwoordiger | |
| 806 | Jacob het tydens die rebellie of tydens die Eerste Wêreldoorlig in Kenia gesterf. | |
| 807 | Jacob is oorlede in die Princess Nursing Home, Johannesburg, Hy was die eienaar van "Your Physical Health" en was 'n 'wit Yogi' | |
| 808 | Jacob is op 3 September 1901 aan masels oorlede in Tent 386, Konsentrasiekamp, Bethulie. | |
| 809 | Jacob is op 7 Junie 1829 met die mooie Anna Maria Knoetze getroud. In 1842 smee sy en haar minnaar, Johannes Liebenberg, 'n komplot om haar man te vermoor en soos selfmoord te laat lyk. Hulle los egter baie leidrade en knap speurwerk lei gou tot hul arrestasie. Na 'n uitgerekte verhoor word albei skuldig bevind en ter dood veroordeel. Op 8 Julie 1842 hang hulle aan die galg wat opgerig is op die koppie net buite Graaff-Reinet. Só word Anna Rabie die eerste vrou in Suid Afrika wat ter dood veroordeel is. | |
| 810 | Jacob Rabie is op die plaas, 'Mynrus', in die distrik Senekal gebore. Op 14 jarige ouderdom het hy gedurende die Tweede Vryheidoorlog van sy ouerhuis weggeloop en by generaal Piet Cronjé se kommando aangesluit.Terwyl hy en 'n groep ander penkoppe die treinbrug oor die Sandrivier moes gaan opblaas, het hulle in 'n hinderlaag beland waar hulle ernstige verliese gely het. In hierdie skermutseling is Jacob deur sy skouer geskiet en gevange geneem. Die ander seuns wat onder 16 was is losgelaat en huis toe gestuur, maar omdat die jonge Jacob gewond was, het die Engelse hom as "gevaarlik" bestempel. Hy is as 'n krygsgevangene na Ceylon gestuur, waar hy heelwaarskynlik een van die jongstes was. Daar het hy twee jaar gebly en hom as koorafrigter en dirigent onderskei. Die rustelose Jacob het op Ceylon begin studeer. Nadat hy na Suid Afrika teruggekeer het, is hy dadelik skool toe en in standerd 7 geplaas. Hy het op die Drostdy in Worcester skoolgegaan. Na die Tweede Vryheidsoorlog het baie jong krygsgevangenes op St.Helena, Ceylon en Burma die wens uitgespreek om as sendelinge vir die NG Kerk opgelei te word. Die kerk het intussen 'n beroep op sy lidmate gedoen om die jong studente wat in die oorlogsjare finansieël geruïneer is te help, sodat hulle hul studies aan 'n sendingsinstituut of die Kweekskool kon voortsit. Só het dit gebeur dat mnr. PJA Vos van Vosburg aangebied het om Jacob finansieël by te staan met sy studies aan die Kweekskool. Proponent Jacob Rabie is in 1912 op Stellenbosch gelegitimeer en op 31 Mei 1913 te Du Toitspan (Beaconsfield, Kimberley) georden, waar hy tot 1916 gebly het. Daar het hy hom onder meer beywer vir die versorging van die rebelle wat in 1915 gevang is. Vervolgens het hy die gemeentes Memel, Bothaville, Trompsburg en Excelsior bedien. Op 1 April 1951 het hy sy emeritaat ontvang. Hy is kort voor sy 74ste verjaardag op Boshof oorlede. Tydens sy bediening in Beaconsfield, moes hy gedurende die Eerste Wêreldoorlog elke Sondagoggend drie dienste hou; vir die rebelle in die tronk, vir die regeringstroepe en vir sy eie gemeente. Wanneer hy die rebelle besoek het , het hy altyd vir hulle nuus ingebring asook pos wat hy in sy ampsgewaad versteek het. Die rebelle was só dankbaar vir wat hy vir hulle gdoen het dat 'n aantal van hulle later aan hom 'n pragtige Afrikaanse Bybel (1933 uitgawe) met hulle name voorin geskenk het. KG no 9160: Rabie, Jacob 15 jaar oud Adres: Mynrust, Winburg Kommando en Veldkornetskap: Winburg onder Wittebergen Gevang: Fouriesburg, 30 Julie 1900 KG kamp: Diyatalawa, Ceylon Skip: Mongolian | |
| 811 | Jacoba doop haar buite egtelike seun Benjamin Johannes geb 30.8.1906 op Luckhoff. Haar ouers word, buiten haar naam, ook as ouers vir Benjamin aangedui. Die vermoede bestaan dat Benjamin deur hulle grootgemaak of aangeneem was. ~Volgens Adriaan Redelinghuys is sy op Ventersdorp gebore. Ek voel dat hierdie Jacoba met Petrus Redelinghuys getroud is. | |
| 812 | Jacobus Johannes gedoop maar sy name word na Jacob Johannes verander op 20.11.1940. Jacob was 'n 18jr makelaar van Boshof toe hy met Gertruida LOMBAARD getroud is. In 1983 woonagtig Kerkstraat 3, Boshof, waar die egpaar steeds woonagtig was toe hy oorlede is. Drie kinders genoem. | |
| 813 | Jacobus was 'n 21jr veeboer van Gouwerneurskop ten tye van sy huwelik met Catharina SWART. Later het die egpaar op Fontainebleau gewoon. | |
| 814 | Jacobus was 'n burger van Swellendam. | |
| 815 | Jacobus was 25jr en van Mamusa, Schweizer-Reneke afkomstig toe hy met Elizabeth Le Roux getroud is. Met haar dood in 1952, woonagtig Huis 360, Dagbreek, Welkom. 33jr wewenaar myner van Dagbreek, Welkom toe hy met Elizabeth Botha trou. Met haar dood in 1982 woonagtig te Hoewe 76, Keerom, Middelburg Tvl. In 1989 was Jacobus 'n verteenwoordiger, woonagtig Akkerhof Woonstel 5, Middelburg Tvl. Ten tye van sy dood, Woonagtig Akkerhof Woonstel 11, Middelburg Tvl. Slegs twee van sy sewe kinders op sy sterfkennis genoem, naamlik Gabriel Francois en André. Sy vriendin Susara Johanna Venter teken sy sterfkennis 26.5.1997 te Middelburg Tvl. | |
| 816 | Jacobus was minderjarig toe sy moeder oorlede is. Volgens 'n familiebron, is sy name Jacobus Frederik Petrus, maar op sy ouers se sterfkennis, sowel as op sy eie sterfkennis is hy slegs Jacobus Frederik. Volgens die familiebron is sy sy sterfdatum 28.7.1987. Hierdie datums verskil op sy sterfkennis. Ten tye van sy dood, woonagtig in die Kempton Park Ouetehuis. Een seun genoem, wat ook sy sterfkennis onderteken te Kempton Park op 1.8.1987. | |
| 817 | Jan is dood in die hospitaal te Morogoro, Suidwes Afrika, vroeër Duits Wes Afrika. Hy was 'n onderwyser en ook 'n sersant te Thaba Nchu in die OVS. Hy het deelgeneem aan die SWA veldtog in 1916. Sy vriend Jan Stephanus Leyden van die "3rd SAH" was teenwoordig by sy dood en het aangedring op sy begrafnis. Hy was ongetroud. | |
| 818 | Jan is in die distrik George gebore. Hiervandaan het sy ouers na Stellenbosch, daarna na die Paarl en uiteindelik na Riversdal verhuis. Hy het skoolgegaan aan die Hoërskool Riversdal. Na sy skoolopleiding het hy aan die Universiteite van Stellenbosch en die Sorbonne studeer. Voordat hy na Suid Afrika teruggekeer het, het hy vir vyf maande met 'n studiebeurs deur Europa en die VSA gereis. Die volgende tien jaar het hy in Frankryk en Griekeland deurgebring. In Parys het hy op een stadium as straatveër gewerk. Terug in Suid Afrika het hy vir enkele jare onderwys gegee en later ook as omroeper gewerk. Uiteindelik het hy hom net aan skryfwerk gewy. Hy het veskeie kortverhale en en romans geskryf. Sy bundel kortverhale, getiteld '21' word algemeen beskou as 'n mylpaal in die Afrikaanse Literatuur. Hy het ook as een van die 'Sestigers' bekend gestaan. Hy en sy vrou, Marjorie Wallace, of Jorrie, soos hy haar genoem het, het in 1970 langs die see in Onrus gaan woon en hul laaste dae daar deurgebring. | |
| 819 | Jan Sebastiaan is saam met sy vader, Frederick Jacobus, tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1902, by Holkrans, deur swartes vermoor. | |
| 820 | Jan trou met sy broer Johannes Jacobus se weduwee. | |
| 821 | Johan Frederick-dg. | |
| 822 | Johan Heinrich-dg. | |
| 823 | Johan was 'n 21jr boer van Langvlei, Robertson ten tye van sy huwelik met Maryna VAN GRAAN. Tuinier van Barrystraat, Robertson toe hy oorlede is. | |
| 824 | Johann en Heinrich is 'n tweeling | |
| 825 | Johanna het 'n buite egtelike dogter by Pieter LORENZ (Lourens) gehad, voordat sy met Christiaan RABE getroud is. | |
| 826 | Johanna het 'n eerste huwelik met BOTHA gehad, voordat sy met GROENEWALD getroud is. Haar nooiensvan en geboortedatum nie op laasgenoemde se sterfkennis aangedui nie. In 1989 'n huisvrou van Plot 164, Derdepoort, Pretoria. | |
| 827 | Johanna het deelgeneem aan die vrouedemonstrasie ter versagting van die vonnisse van rebelle van die Eerste Wêreldoorlog. | |
| 828 | Johanna was 25jr en van Spitzkop, Ficksburg toe sy met Jan LE ROUX getroud is. | |
| 829 | Johannes Christiaan het sy skoolopleiding aan die Hoër Jongenskool in die Paarl ontvang. Daarna is hy na die South African College-skool in Kaapstad en later na die Universiteit van Edenburgh (Skotland) waar hy die grade M.B. Ch.B behaal het. In 1921 het hy hom as geneesheer op Oudtshoorn gevestig en aktief aan openbare aangeleenthede deel-geneem. Hy was onder meer agt jaar lank stadsraadslid. Hy was ook lid van die Afdelingsraad waarvan hy vir etlike jare voorsitter was. In 1931 het hy na Port Elizabeth verhuis. In 1956 is hy tot Senator benoem. Sy belangstellingsveld was wyd en het oor mediese, politieke, kuturele en kerklike gebied gestrek. Hy was lank voorsitter van die kultuurraad en die volksfees komitee, lid van verskeie Afrikaanse skoolkomitees, lid van die Sentrale Van Riebeeckfeeskomitee, voorsitter van die Sharley Cribb Verpleegsterskollege se bestuur, voorsitter van die spoorwegdoktersgroep van die Kaap-Middel-lande en 'n lid van die uitvoerende komitee van dié groep geneeshere in Suid- en Suidwes-Afrika. Daarbenewens was hy voorsitter van die Algemene Praktisynsgroep van die Kaap-Middellande, lid van die Uniale Uitvoerende Komitee daarvan, lid van die bestuur van die Mediese Vereniging van Kaap- Middellande, lid van die mediese adviserende komitee van die Provinsiale Hospitaal en die Walton Ortopediese Hospitaal in Port Elizabeth en lid van die mediese adviserende komitee van die Livingstone Hospitaal. | |
| 830 | Johannes het op Rus Roes, in die Nuy distrik geboer. | |
| 831 | Johannes is op 38-jarige leeftyd aan 'n ongeneeslike siekte oorlede. Hy het sy vrou en vyf minderjarige kinders nagelaat. Sy oudste seun Johannes Christiaan, was toe 12 jaar oud. | |
| 832 | Johannes is op 7 Maart 1903 in die Konsentrasiekamp hospitaal, Bethulie, oorlede aan brongopneumonie. Tent 59 B.H. Sy moeder, en twee sussies is ook in die kamp oorlede. | |
| 833 | Johannes kwalifiseer as onderwyser aan die Normaalkollege, Kaapstad in 1890. Behaal B.A. met lof aan die S.A. College-skool in 1893. Begin in 1894 met LL.B. maar besluit om predikant te word en legitimeer te Stellenbosch in 1898. Vanaf 1899 tot 1902 NG Kerk Leraar te Uitenhage. Vanaf 1903 tot 1913 predikant te Harrismith. Hoofdosent aan die Sendinginstituut op Wellington vanaf 1913 tot 1921. Leraar op Beaufort-Wes vanaf 1921 tot 1942, waarna hy hom op Wellington vestig. Assessor van die Kaapse Sinode in 1932. Johannes, die enigste seun van ds. Christiaan Rabie, kwalifiseer in 1890 as onder wyser aan die Normaalkollege in Kaapstad. Drie jaar later behaal hy 'n B.A.-graad met lof aan die Suid-Afrikaanse College-skool en besluit om hom aan die regte te wy. In 1894 het hy die voorlopige LL.B. so goed geslaag, dat Sir Henry (later Lord) de Villiers, die hoofregter en een van die eksaminatore, aan Johannes se vader geskryf het om hom met sy seun se kennis en flinke brein geluk te wens. Johannes het hom egter geroepe gevoel om predikant te word en in 1898 is hy op Stellenbosch gelegitimeer. Na drie maande as hulpleraar op Worcester, het hy die gemeentes Uitenhage (1899-1903) en Harrismith (1903-1913) bedien. In 1913 is hy as hoofdosent aan die Sendinginstituut op Wellington aangestel. In 1921het hy 'n beroep na Beaufort-Wes aangeneem. Daar was hy werksaam tot met sy emeritaat en 1942, na 'n dienstyd van 43 jaar. Op 69 jarige leeftyd het hy hom op Wellington gaan vestig. In 1932 het die Kaapse sinode hom as assessor gekies. Hy het ook vir 'n lang tyd as moderator waargeneem. Na sy emeritaat het hy nog vir 'n tyd sy kragte aan die opleiding van Kleurlingleraars gewy. Hy het intens belang gestel in die profesieë aangaande die eindgebeurtenisse en 'n boek daaroor, getiteld 'Die Koms van Christus en Sy Koninkryk', het uit sy pen verskyn. Hy het hom ook in die besonder vir die sending beywer. | |
| 834 | Johannes Matthys-dg. | |
| 835 | Johannes Stephanus Marais Rabie, ook 'n seun van die Voortrekker Johannes Jacobus, het sy skoolopleiding op Fauresmith en aan Grey Kollege, Bloemfontein, ontvang. In 1888 verwerf hy sy B.A. graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy studeer oorsee en besoek Christ's College, Cambridge en die Universiteit van Bonn. Terug in Suid Afrika werk hy agtereenvolgend as joernalis by Ons Land, Kaapstad, en De Express, Bloemfontein. In 1900 sluit hy hom by die Boerekommando's aan en veg by Paardeberg, Abrahamskraal en Sannaspos. In Julie van daardie jaar word hy gevange geneem en na Ceylon gestuur, waar hy aan sy medegevangenes onderwys gee en meewerk aan die kampkoerante, De Strever en De Krygsgevangene. Na die oorlog was hy agtereenvolgend redakteur van Land en Volk, Pretoria, De Natalse Afrikaner, Pietermaritzburg, en ten slotte tot 1915 van De Vriend des Volks, Bloemfonein. In dié jaar roep hy die joernalistiek vaarwel, omdat hy as Afrikaner, hom nie met die politiek van die blad tydens die Eerste Wêreldoorlog en die Rebellie kon vereenselwig nie. Daarna het hy tot en met sy aftrede en 1931 in die Departement van Onderwys van die Oranje Vrystaat gewerk. J.S.M. Rabie het veral gekendheid verwerf as voorvegter vir Afrikaans. Veral as redakteur van De Natalse Afrikaaner het hy baanbrekerswerk gedoen. Op grond van sy verdienste op taalkundige gebied is hy tot die Leidsche Maatschappij der Nederlandse Letterkunde te Leiden benoem. Hy was 'n stigterslid en later ook 'n erelid van die S A Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die egpaar was kinderloos (Kyk ook na SABW vol. II, p.584) KG no 9161: Rabie, Johannes Stephanus Marais 32 jaar oud Adres: Bloemfontein Kommando: Bloemfontein Gevang: Fouriesburg 30 Julie 1900 KG kamp Diyatalawa, Ceylon Skip: Mongolia | |
| 836 | Johannes was 'n 44jr wewenaar van Marabasland, Zoutpansberg toe hy met Maria Combrink getroud is. | |
| 837 | Johannes was 'n burger van Stellenbosch. Op sy ouma Zacharia NIEMAND se testament, word na hom as Jan GELDENHUYSEN verwys. | |
| 838 | Johannes was 'n burger van Stellenbosch. Soms word sy name Matthys Johannes aangeteken. | |
| 839 | Jonk oorlede | |
| 840 | Joseph is ongetroud oorlede. Hy is deur Manie Maritz geskiet en in Calvinia begrawe | |
| 841 | Josina was vanaf "De Hoop" in die Roberson distrik. Huisvrou | |
| 842 | Jugleierskap Aanbieder | |
| 843 | Justine was legally adopted by Peter when he married Marlene | |
| 844 | Juwelier. Voorheen getroud met Joseph Erasmus Fourie | |
| 845 | Kaartjiesondersoeker, Westdene, Johannesburg. | |
| 846 | Kaasmaker | |
| 847 | Kabinetmaker in Troyville, Johannesburg. | |
| 848 | Kaptein SA Weermag. | |
| 849 | Karweier te Franschhoek. | |
| 850 | Katerina is een van 'n tweeling wat by die Rabiefees in Sept. 1973, tydens die Kerksdiens gedoop is |